Ligpunt Pretoria
'n Gemeenskap van gelowiges geroep om God se lig te laat skyn.
As Christene word ons identiteit gevorm, nie deur ons kultuur of begeertes nie, maar deur God en wat Hy sê waar is van ons.
Vir meer inligting 🌐Ligpunt-webtuiste
Kom kuier by ons📍Willows Country Lodge
Episodes

4 days ago
4 days ago
45 min
Ware evangelie-integriteit bewys homself nie net in wat 'n mens sê nie, maar ewe veel in hoe 'n mens lewe — en dit is nie net iets om van 'n apostel te verwag nie. Dit is die kern van gesonde dissipelskap: presies wat ons moet soek en koester in dié wat vir ons dissipels maak, en presies waartoe ons self geroep word sodra ons ander begin dissipel.
Teks: 1 Thessalonisense 2:1–12 (AFR2020)
Prediker: Johan Verster
Datum: 23 Augustus 2026

Aug 17, 2026
Aug 17, 2026
47 min
Paulus weet sonder twyfel dat die Thessalonisense uitverkies is — nie omdat hy raai nie, maar omdat hy dit sien: 'n vrug wat in hulle lewe werk, en 'n voorbeeld wat na buite uitstraal. Dít is waarop ons bou, nie ons eie gevoelens of aannames nie.
Teks: Handelinge 17:1-15 & 1 Thessalonisense 1 (AFR2020)
Prediker: Johan Verster
Datum: 16 Augustus 2026

Aug 17, 2026
Aug 17, 2026
24 min
Psalm 67 roep ons op om vir God se seën te bid, sodat die nasies Sy verlossing kan ken, hulle in Sy heerskappy kan verbly, en Sy Naam kan verheerlik.
Teks: Psalm 67 (ESV)
Prediker: Eloff van Niekerk
Datum: 12 Augustus 2026
*Neem kennis dat die eerste deel van die preek as gevolg van 'n kragonderbreking nie opgeneem het nie.

Aug 5, 2026
Aug 5, 2026
58 min
Jesus waarsku ons dat nie almal wat Hom as 'Here' bely aan Hom behoort nie. Slegs hulle wat die wil van die Vader doen is werklik deur Hom geken. Die vraag vir my en jou dus is: ken Hy my?
Teks: Matteus 7:21-23 (AFR'83)
Gasprediker: Johan du Toit
Datum: 2 Augustus 2026

Jul 28, 2026
Jul 28, 2026
39 min
Paulus beveel Timoteus en die gemeente om die ware lewe aan te gryp: deur die goeie belydenis van Jesus as die enigste Koning te onthou, én deur ryk te wees in goeie dade met die rykdom wat God gee.
Teks: 1 Timoteus 6:12b-19 (ESV)
Prediker: Johan Verster
Datum: 26 Julie 2026

Jul 20, 2026
Jul 20, 2026
31 min
Die stelling “God sal jou nooit meer gee as wat jy kan hanteer nie” bevat elemente van waarheid: God is soewerein, getrou en laat Sy kinders nie alleen nie. Maar as dit beteken dat God belowe dat ons altyd genoeg krag in onsself sal hê om die lewe te dra, is dit oorhoofs wolhaar.
Teks: 1 Konings 19:1-18 (AFR2020)
Prediker: Dewald Wagner
Datum: 19 Julie 2026

Jul 13, 2026
Jul 13, 2026
46 min
Jesus verbied nie alle oordeel nie. Hy verbied skynheilige oordeel. Sy dissipels moet eers hulleself ondersoek en bekeer voordat hulle ander aanspreek, en hulle primêre verantwoordelikheid is om mede-Christene in liefde verantwoordbaar te hou.
Teks: Matteus 7:1-6; 1 Korintiërs 5 (AFR2020)
Prediker: Johan Verster
Datum: 12 Julie 2026

Jul 6, 2026
Jul 6, 2026
37 min
Selfs in die onbegryplikheid van lyding, is Christus ons versekering en ons troos.
Teks: Romeine 8:26-30 (AFR2020)
Prediker: Stephan Truter
Datum: 5 Julie 2026

Jun 29, 2026
Jun 29, 2026
33 min
Gemeenskap met God vereis grense en gehoorsaamheid onder die ou verbond, maar vrymoedigheid in Christus onder die nuwe verbond.
Teks: Eksodus 40 (AFR2020)
Prediker: Ruben de Koning
Datum: 28 Junie 2026

Jun 9, 2026
Jun 9, 2026
52 min
Sonde bring afstand tussen ons en ‘n heilige God, maar Sy genade los ons nie daar nie: Hy roep ons om ons sonde te treur, Hy ontmoet ons deur 'n Middelaar, Hy openbaar Sy barmhartige Naam, en rig ons voete op 'n nuwe pad van gehoorsaamheid.
Teks: Eksodus 33 en 34 (ESV)
Prediker: Johan van Aswegen
Datum: 7 Junie 2026



