Ligpunt Pretoria
'n Gemeenskap van gelowiges geroep om God se lig te laat skyn.
As Christene word ons identiteit gevorm, nie deur ons kultuur of begeertes nie, maar deur God en wat Hy sê waar is van ons.
Vir meer inligting 🌐Ligpunt-webtuiste
Kom kuier by ons📍Willows Country Lodge
Episodes

Jun 2, 2026
Jun 2, 2026
48 min
Afgodery steel God se heerlikheid en verwoes God se mense, maar Jesus is die Middelaar wat vir afgodaanbidders intree en versoening vir hulle sonde bewerk.
Teks: Eksodus 32 (AFR2020)
Prediker: Johan Verster
Datum: 31 Mei 2026

May 26, 2026
May 26, 2026
55 min
’n Heilige God wat Homself toeganklik maak vir onheilige mense deur middelaars, deur vervul te wees met die Gees en deur rus.
Teks: Eksodus 30-31 (ESV)
Prediker: Johan van Aswegen
Datum: 24 Mei 2026

May 19, 2026
May 19, 2026
1 hr 1 min
’n Heilige God maak ’n weg vir sondige mense om deur ’n gewyde middelaar in Sy teenwoordigheid te leef—’n weg wat uiteindelik in Christus vervul word.
Teks: Eksodus 28-29 (AFR2020)
Prediker: Eloff van Niekerk
Datum: 17 Mei 2026

May 11, 2026
May 11, 2026
53 min
God bring Sy volk naby aan Hom in ’n nuwe “Eden-werklikheid” — maar Sy heiligheid bring skeiding en Sy genade voorsien bemiddeling, sodat Hy deur ’n gevormde volk die wêreld kan bereik.
Teks: Eksodus 26 en 27 (AFR2020)
Prediker: Johan Verster
Datum: 10 Mei 2026

May 7, 2026
May 7, 2026
50 min
God nooi ons om Sy teenwoordigheid te geniet, deur 'n toegewyde plek, deur perfekte versoening, en deur 'n intieme verhouding.
Teks: Eksodus 25 (NIV)
Prediker: Johan van Aswegen
Datum: 3 Mei 2026

May 2, 2026
May 2, 2026
42 min
Jesus bid dat gelowiges in 'n diepe eenheid met Hom en met mekaar sal leef, sodat die wêreld God se liefde in hulle sal sien en sal glo dat Hy die Seun gestuur het.
Teks: Johannes 17:20-26 (AFR2020)
Prediker: Eloff van Niekerk
Datum: 26 April 2026

Apr 20, 2026
Apr 20, 2026
36 min
Jesus bid vir sy oorspronklike dissipels as die manne wat gegee, gehou en gestuur word om Sy sending ná Sy vertrek só voort te dra dat ander deur hulle woord tot geloof sal kom.
Teks: Johannes 17:6-19 (AFR2020)
Prediker: Johan Verster
Datum: 19 April 2026

Apr 20, 2026
Apr 20, 2026
40 min
Die heerlikheid (glorie) van God word geopenbaar in Jesus se gehoorsame dood aan die kruis. Jesus se doel is beide gehoorsaamheid aan die Vader, maar ook om mense in 'n ewige verhouding met God in te bring (die Ewige Lewe).
Teks: Johannes 17:1-5 (AFR2020)
Prediker: Johan van Aswegen
Datum: 12 April 2026

Apr 14, 2026
Apr 14, 2026
39 min
Jesus se gesag as die Goeie Herder lei Hom om Sy lewe neer te lê en dit weer op te neem.
Teks: Johannes 10:1-21 (AFR2020)
Prediker: Stephan Truter
Datum: 5 April 2026 (Goeie Vrydag)

Apr 8, 2026
Apr 8, 2026
44 min
Jesus se kruisiging is nie bloot iets wat ons van ‘n afstand af kan waarneem nie - soos kos moet ons heeltemal afhanklik wees daarvan.
Teks: Johannes 6:25-58
Prediker: Johan van Aswegen
Datum: 3 April 2026 (Goeie Vrydag)



